moestas
s.nw., moestasse; moestassie.
SNOR: ’n Kortgeknipte, lang moestas. ’n Netjiese moestassie. ’n Moestas kweek. Jou moestas afskeer. ≈ Hy draai aan die punte van sy moestas (E. Joubert: Swerwer, 1968, 48). Die ligte dons op Piji se bolip het tot ’n ware moestassie aangegroei (J. Rabie, vert.: Patoegas, 1974, 125).
snor
s.nw., snorre; snorretjie.
Hare wat op die menslike bolip groei en wat by mans dikwels gekweek en in ’n bepaalde vorm geskeer of geknip en in stand gehou word; sinonieme moestas, snorbaard: ’n Snor kweek. Jou snor afskeer.