• 06/10/2021

Internasionale Woordeboekdag

16 Oktober is Internasionale Woordeboekdag. Woordeboekdag word gehou op die geboortedag van Merriam Webster, vader van woordeboeke in Amerika, op 16 Oktober 1758. Webster het eers 26 tale aangeleer voordat hy sy eerste woordeboek uitgegee het. Sy woordeboeke is revolusionêr van aard en hy het ’n Amerikaanse spelwyse gevestig, bv. color in plaas van die klassieke Engelse colour en center in plaas van centre. ’n Belegging in ’n goeie, hedendaagse woordeboek het blywende waarde. Vier Woordeboekdag deur jou verouderde woordeboek te vervang en leer ’n nuwe woord aan uit jou nuwe woordeboek! Luister na Willem Botha se insetsel op Monitor oor dié dag.

Deel op Sosiale Media