mopperig & moppig
mopperig b.nw. (minder gebruiklik) Morrig: Sy humeur wat … weer mopperig begin raak het, het … ontbind tot ’n kommerlose opgewektheid (P. de Bruyn: Maan, 1973, 79). Casper (loer) verleë om ’n deur … agter ‘n mopperige verpleegsuster wat maan dat hy nie lank mag bly nie (W. Hartman in Huisg., 28 Jun. 1963, 69).
moppig b.nw., moppige. (geselstaal; ongewoon) Grappig of snaaks: Golden City Dixies op hul stukke, maar … meer moppig, s’blief … en minder vulgêr! (Volksbl., 24 Nov. 1967, 11 — opskr.).