• 10/03/2023

môrestond

s.nw. Ook soms morestond.

1 Vroeë oggendure, of tyd wanneer die oggend begin, net ná sonsopkoms; sin. oggendstond (minder gebruiklik); teenoor aandstond, middagstond: Eindelik is die nag verby en in ’n rooi gloed agter die berge uit breek die nuwe môrestond aan (F.J. Steenkamp: Dawid, 1948, 135).
2 Môre — Eerste gedeelte of aanvang van ’n tydperk of toestand: Ons lewe … in die môrestond van ’n mooi letterkunde, en daar is ’n geruis van vele stemme (P.J. Schoeman: Swerwer-Jagter9, 1956, 62).
IDIOMATIESE UITDRUKKING
goud: die môrestond (ook soms oggendstond en morestond) het goud in die mond Dit is voordelig om vroeg i.d. oggend op te staan.

Deel op Sosiale Media