• 21/07/2023

nagwolf 

s.nw.

Iem. wat tot laat i.d. nag werk of plesier soek: Jan (Spies) sê hy is … ’n nagwolf as dit by skryfwerk kom. “Ek kan fyn dink en fyn verstaan laatnag” (Sarie, 30 Sept. 1992, 24). As nagwolf by die radio en leesboeke het ek gewoonlik eers so teen 4-uur gaan slaap (H.J. Terblanche: Jare, 1977, 65). In een van die … teekamers … sit nog net ’n paar nagwolwe … Die laaste paar besoekers staan slaperig op … Die deure van die restaurant word gesluit (E.L.Ellenberger: Wraak, 1936, 63).

Deel op Sosiale Media