• 07/07/2023

napaadjie

s.nw. (minder gebruiklik)

1 KORTPAD: So, nou ry hy lang pad om, nè? In normale omstandighede gebruik hy sommer die napaadjie hier skuins oor haar werf (E.F. Stander in Sarie, 30 Jul. 1969, 152). Met die teruggaan huis toe vat sy ’n napaadjie. Dit bring hulle waar hulle die sloot moet oor (C.J. Langenhoven: Werke IV, 1956, 181).
2 Kleinerige pad of uitdraaipad weg v.d. normale verkeersweë, wat nie baie verkeer dra, of nie dikw. gebruik word nie: ’n Pad … word naderhand sonder eintlike rede dof, dreig om te verslaan net of hy skielik ’n napaadjie is (A. Coetzee: Naatlos, 1973, 15). Ek het … taalnavorsing gedoen … en dit het my ver van die gebaande weë in die nápaadjies van Stormloop gebring (P. Müller: Voëls, 1982, 25).

Deel op Sosiale Media