• 31/01/2020

nieteling

s.nw., nietelinge.

1 Wese wat klein en onbeduidend is in vergelyking met dit wat hom of haar omring: Ek alleen is hier, ek geringe nieteling, aan die voet van die majestueuse berge: alleen met die almag van die natuur en haar Skepper (C.J. Langenhoven: Werke IX, 1956, 292).

2 Onbelangrike of onbeduidende persoon: Ek is aanvaarbaar middelmatig. Nie dom nie. Nie slim nie. Sonder noemenswaardige talente, maar darem geen nieteling nie (J. Retief in Huisgenoot, 27 Aug. 1976, 122).

Deel op Sosiale Media