• 19/02/2024

Noagkar

(ook met ’n kl. noagkar) s.nw. (na Noag, Bybelse patriarg)

Enige ou motor, veral een wat tussen 1919 en 1930 gebou is; sin. Noagmotor: Matilda is die naam van sy … 1929-4½-liter-Bentley, wat ’n groot rariteit is as jy iets omtrent Noagkarre weet (Sarie, 3 Febr. 1965, 89). Ter ere van die amptelike opening van die pad … is met 38 noagkarre … ’n … reis van Bulawayo na die waterval en terug onderneem (Rhod. Kommentaar, 17 Okt. 1968, 3).

Deel op Sosiale Media