• 04/10/2022

Nuutskeppingskompetisie 2022

Die WAT se jaarlikse Nuutskeppingskompetisie sal vanjaar op Vrydag 7 Oktober in Monitor op RSG aangekondig word.

U kan egter nou reeds u inskrywings stuur aan wat@sun.ac.za, met “Nuutskepping” in die onderwerpveld. Die nuutskeppings moet verkieslik woorde wees wat ’n nuwe verskynsel op ’n treffende manier beskryf of ’n alternatief vir ontoereikende bestaande woorde. Dit moet dus ’n voorstel vir ’n woord wees waaraan daar ’n behoefte is.

Die nuutskeppings hoef nie te rym nie.

Vanaf Maandag 10 Oktober sal daar elke dag tussen 07:30 en 08:00 in Monitor aangekondig word vir watter drie inskrywings daar gestem kan word, ten einde die dagwenners en uiteindelike wenner te bepaal. Die pryse van die wenners, vanjaar weer geborg deur die ATKV, sal Maandag aangekondig word.

Stuur jou nuutskeppings NOU na wat@sun.ac.za!

Deel op Sosiale Media