• 01/01/2021

Nuwejaar hou / grootvreet

Nuwejaar hou (geselstaal; ongewoon) Jou aan sterk drank te buite gaan: Met die dissonantste geluide soos van iemand wat drie dae al nuwejaar gehou het, sak hy toe met die groot byl op die stompe in (J. v. Bruggen: Ampie Meisiek., 1930, 110).

grootvreet s.nw. (plat, skertsend) Oormatige etery; ook, geleentheid waarby daar oormatig of baie lekker geëet word: Kersfees en Nuwejaar is die tyd van grootvreet.
Soms as bynaam, bv. Klaas Grootvreet met die betekenis “groot eter, vraat” .

Deel op Sosiale Media