• 27/12/2019

Nuwejaarsvoorneme

s.nw. (dikw. i.d. mv. Nuwejaarsvoornemens)

Goeie voorneme, gewoonlik aan die einde van ’n jaar gemaak, waarmee iemand besluit om in die nuwe jaar byvoorbeeld sekere slegte gewoontes af te sweer of sekere positiewe dinge te doen: Dit is … my nuwejaarsvoorneme om … verdraagsaam te bly (Dawie in L. Louw: Dawie, 1965, 206). Nuwejaarsvoornemens? Nie vir my nie, hoor. Ek is tog die hele jaar besig om voornemens te maak (Boerd. S.A., Jan. 1970, 46).

Deel op Sosiale Media