omsons
b.nw., omsonse. (geselstaal of verouderend) (< D. umsonst of Ndl. omzonst)
1 Doelloos, onverklaarbaar of sonder rede: Hierdie vertellery van Janmaans se dinge is nie omsons nie; dis by wyse van uitlokking (E. v. Rooyen in Huisg., 20 Mei 1977, 79). Ons sal die vlieg vernietig … Ons slag die skaap … Maar ons sal nie ’n skaap of ’n vlieg aan omsonse foltering oorgee nie (C.J. Langenhoven: Werke I, 1956, 169).
2 Tevergeefs, nodeloos of vrugteloos: Hy voel dat Hanna met hom gek, dat dit omsons sal wees om verder met haar te lol (P. de Bruyn: Maan, 1973, 139). Wie kan sê wat alles daartoe aanleiding gegee het? Wie kan sê of dit alles omsons … was? (W.A. de Klerk: Nelia, s.j., 125).