• 17/03/2023

onnutsig

b.nw., onnutsige; onnutsiger, onnutsigste. Ondeund, stout of vol kwajongstreke; sin. onhebbelik; onbruikbaar (geselstaal), onkans (streektaal), onkruidsig (geselstaal), onwettig (geselstaal): Fleurige waardinne (dans) … na elkeen se pype … van puntenerige sakemanne … tot onnutsige kleingoed (Archimedes, Okt. 1988, 4 — advt.). Hy (het) ge-ys vir die onnutsige handjies van Paultjie (A.M. Louw: Gryse2, 1969, 11).
■ Ook selfst.: Daar is die kinders: … die onnutsiges in die … moerbeiboom op ’n Sondagmiddag wanneer die oumense slaap (E. Mittner in Sarie, 10 Nov. 1993, 10).
■ Selde ook t.o.v. diere: My pappie trek sy skouers op: / “’n Hond is maar onnutsig …!” (H. de Klerk in M.A. Basson, e.a.: Afr. Verseboek, s.j., 11).
Vgl. NIKSNUTSIG.

Deel op Sosiale Media