• 05/06/2020

ontperk

ww., het ontperk; byv. en byw. ontperkte, ontperk. (enigsins formeelt.o.v. mense of organisasies

Inperkings ten opsigte van onder andere vryheid, beweging of werksaamhede van iemand of iets ophef: Die paramilitêre komponent van die SWA-polisie, wat die afgelope 60 uur tot hul basisse beperk was, word van vanoggend sesuur af ontperk (Die Burger, 29 Apr. 1989, 1). Die president se destydse aankondiging dat verbode organisasies ontperk is, het ’n kettingreaksie aan die gang gesit (Tegniek, 8 Febr. 1991, 12).

Deel op Sosiale Media