Kursusse in algemene leksikografie en rekenaarleksikografie

Kursusse in algemene leksikografie en rekenaarleksikografie word by die WAT aangebied. Die kursusse is gemik op praktiserende en voornemende leksikograwe, dosente en studente. Die kursusse word meestal in Engels aangebied, maar kan met gemak ook in Afrikaans geskied.

Indien u belangstel in die kursusse of meer inligting verlang, kontak die hoofredakteur hier.

Studente in die leksikografie

Senior of nagraadse studente in die leksikografie — plaaslik of buitelands — kan praktiese ervaring in die maak van ‘n woordeboek by die WAT kom opdoen. Hulle ontvang opleiding na gelang van hul behoeftes in algemene en rekenaarleksikografie. Die studente kry geleentheid om woordeboekartikels saam te stel met behulp van ‘n rekenaarprogram en die WAT se taaldata.

Studente word ook op versoek begelei om navorsingsprojekte met gebruikmaking van die WAT se taalmateriaal uit te voer.

Indien u belangstel of meer inligting verlang, kontak die hoofredakteur hier.

Woordeboeklesings

Lesings oor die verskillende soorte woordeboeke en die woordeboekmaakproses word op versoek aangebied. Groepe studente en ander geïnteresseerde persone kan die WAT besoek vir hierdie lesings.

Indien u belangstel in die lesings of meer inligting verlang, kontak die hoofredakteur hier.