ougat
b.nw., meer ougat, ougatste. (geselstaal; veral t.o.v. kinders en diere)
Oulik of ouderwets: Die kind is darem alte ougat. Het hy nie ’n ougat gesiggie nie? Hy het die ougatste hondjie persent gekry. Dit is regtig ’n ougat motortjie. ≈ Hulle sê die voorman het ’n ogie op Tos gehad. En dié was nog blote kind, al was sy so ougat (G. Weideman: Donker Melk, 1994, 12). Kindjie wens dat kindjie groter was / om saam al die ougat diertjies op te pas (A. Snyman: Rondreis, 1981, 31).