• 07/04/2023

paaseier

s.nw., paaseiers.

Versierde of bont gekleurde hoendereier, gew. gekook, of namaaksel daarvan, gew. van sjokolade, wat tydens Paasfees as geskenk of as versiering gebruik word: Ons mense (het) in die Paastyd groot hoeveelhede hoendereiers in bont lappies toegedraai en gekook …, dan word die doppe veelkleurig. Dié veelkleurige Paaseiers word weggesteek (Taalgenoot, Aug. 1968, 18). In Duitsland is dit tradisie dat kinders op Paasmaandag Paaseiers soek wat hul ouers in die tuin weggesteek het (Die Burger, 17 Apr. 1987, 4). 
Vgl. PAASHAAS 2, PAASKUIKEN.

Deel op Sosiale Media