• 29/03/2024

Paasnaweek

s.nw.

Naweek van Paasfees wat op Goeie Vrydag begin en op Paasmaandag eindig: Dit het gewoonte geword dat Paaseiers gedurende die Paasnaweek in die huis en tuin weggesteek word (Volksbl., 30 Mrt. 1999, 4). Die Donderdag voor die Paasnaweek word alle klokke vasgemaak, sodat hulle nie kan lui nie. Maar die Saterdag(aand) om elfuur begin die groot klok van die Sint Pieterskerk te lui om almal te herinner dat Christus uit die graf opgestaan het (Kinders v.d. Wêreld VII, s.j., 382).

Deel op Sosiale Media