• 02/04/2021

Paassondag

s.nw. (t.o.v. die Christelike geloof

Die Sondag wat op Goeie Vrydag volg, waarop die opstanding van Christus feestelik herdenk word, gewoonlik die eerste Sondag ná die eerste volmaan wat op of ná die dag-en-nagewening van 21 Maart voorkom; sin. Paasdag (minder gebruiklik): Die lydenstyd … is deurspek met simboliese gebruike. Lydenstyd begin 46 dae voor Paassondag op Aswoensdag en dan berei gelowiges hulle voor op die Paasfees (Volksblad, 19 Apr. 2000, 7). Op Paassondag, die dag waarop Jesus se opstanding uit die dood gevier word, kan die vas … gebreek en die opstanding gevier word (Beeld, 17 Mrt. 2000, 9).

Deel op Sosiale Media