• 30/06/2023

padpredikant

s.nw., padpredikante; padpredikantjie. (dikw. skertsend; verouderend)

Padwyser, veral v.d. soort wat by padaansluitings aangetref word, bestaande uit ’n regoppaal met een of meer gepunte arms wat die rigting en afstand na ’n plek of plekke aandui; sin. predikant (verouderd), wegwyser (minder gebruiklik): Reg voor die winkel staan ’n padpredikant wat jou die afstand aandui na omtrent al wat ’n belangrike plek in die wêreld is (Burg., 5 Nov. 1993, Snuffelgids, 7). Padpredikante in olifantwêreld word beskerm teen olifante wat die gewoonte het om die paaltjies uit te trek, deur groot puntige klippe rondom dit te pak (Volksbl., 13 Apr. 1971, 2). Ry ’n mens deur Rehoboth, is jy tuis tussen die naamborde en padpredikantjies. Van die destydse Namaname leef baie nog voort (Huisg., 14 Okt. 1977, 31).

Deel op Sosiale Media