• 03/03/2023

paljas

1paljas Ook soms baljas.
I s.nw. Toorgoed wat veral gebruik word om ’n persoon teen sy of haar wil verlief te maak op die draer daarvan, of om iemand geestelik of liggaamlik af te takel; ook, (met mv. paljasse), bepaalde middel wat so gebruik word: Agapanthus … is een van die baie inheemse plante wat … as paljas en medisyne gebruik is (U. v.d. Spuy: Veldblommeboek, 1971, 145).
II ww., het gepaljas; byv. gepaljaste, gepaljas. Toor, gewoonlik met behulp van paljas, of iets in ’n paljas omskep: Ramis … (het) hom gepaljas … en volgens wat hy my vertel het, was daar iets met torre in die saak te doen (C.L. Leipoldt in Huisgenoot, 2 Des. 1927, 69).

2paljas s.nw., paljasse. (minder gebruiklik) Nar: André (kyk) na twee groot reklameprente … Op die een … hou ’n paljas wat op ’n balie staan ’n hoepel met dun, geel papier beplak, op en ’n wit perd kom aangehardloop (J.J. Groeneweg: Gelukkige Swerwer2, 1940, 104).
paljas’vertoning s.nw.

Deel op Sosiale Media