• 21/04/2023

paloeka

s.nw.,  paloekas.  (neerhalend)

1  Sportdeelnemer, dikw. ’n bokser, wat nie kompeterend is nie en gereeld verloor: E.A. is in die bokskryt geen paloeka nie, en hy word ook nie beskou as ’n bokser wat maklik sal tou opgooi nie (Rapport, 16 Mei 1999, 8).  Gerugte van boksbedrog met ’n … paloeka … uit Amerika wat … na ’n harde hou sommer gaan lê het, het die … bokswêreld aan die gons gesit (Beeld, 16 Nov. 1984, 1).
2  Onbekwame of onbeholpe persoon: ’n Land met die hulpbronne, statuur en menslike vernuf van Suid-Afrika (moet) in staat … wees om sy eie vegvliegtuig te kan bou … Ons is mos nie ’n klomp paloekas nie (Beeld, 19 Jul. 1986, 10). Hulle (die makers van boeremusiek) (is) nie sommer paloekas nie, hulle is goeie musikante (Volksblad, 11 Okt. 1990, 2).

Deel op Sosiale Media