• 22/04/2021

pampoenspook

s.nw., pampoenspoke.

1 Uitgeholde pampoen met gate wat oë, ’n neus en ’n mond voorstel en wat dikwels ’n kers of ander ligbron binne het om ’n spookagtige indruk te maak: Die saal is versier in ’n Halloween-tema. Die swart kerse op die tafels is in pampoenspoke gesteek, en almal het volgens die tema aangetrek met gegrimeerde gesigte (Die Burger, 27 Maart 1995, Jong Burger, 3).
2 Storie of gerug wat deur politici gebruik word om kiesers te beïnvloed, veral deur te oordryf of op gewaande gevare te wys.

Deel op Sosiale Media