panasee
s.nw., panaseë. Ook soms panacea.
1 Middel wat enige gebrek, ongewenste toestand, probleem of dergelike uit die weg kan ruim of ’n oplossing daarvoor kan bied: Wanneer die volksopruier se volgelinge tot die insig kom dat die verlede as panasee vir die toekoms onhaalbaar is, ontstaan daar by hulle ’n emosionele vakuum (Beeld, 30 Mei 1990, 14).
2 Wondermiddel wat enige besering, kwaal of siekte kan genees: Die panasee van alle Afrikaanse kindersiektes, deur kleur, geur en smaak in die geheue verewig, die bloubottel met kasterolie (S.P.E. Boshoff: Beskouinge, 1936, 103).