• 21/05/2021

perinatoloog

s.nw., perinatoloë.

Verloskundige wat spesialiseer in die versorging en welsyn van die fetus en die behandeling van vroue in die tydperk kort voor, tydens of kort ná geboorte, veral ten opsigte van gekompliseerde swangerskappe: Perinatoloë is tipies dokters vir vroue wat op pad hospitaal toe in kraam gaan of swanger vroue wat in ’n ongeluk betrokke is. ≈ As u ’n bestaande mediese toestand het, soos diabetes, of as u ’n geskiedenis van miskraam of ’n vorige hoërisiko-swangerskap het, kan dit voordelig wees om ’n perinatoloog te besoek voordat u swanger raak (Mattsekel.com, 1 Jul. 2019, E)

Deel op Sosiale Media