• 18/07/2022

petrolkop

s.nw., petrolkoppe. (dikw. skertsend)

Iemand wat baie entoesiasties is oor motors of voertuie, veral dié wat van binnebrandenjins gebruik maak en wat veral van petrol as brandstof gebruik maak: Terwyl die ikoniese Nürburgring met sy 20,8 km lange roete en 180 draaie die lakmoestoets vir enige sportmotor en ’n mitiese pelgrimstog vir menige petrolkop geword het, het dit al hoe meer skuld en al hoe minder wins gemaak (Die Burger, 28 Apr. 2016, E). ’n Splinternuwe Top Gear met nuwe, avontuurlustige petrolkoppe was skaars op TV toe aanhangers in die sosiale media dit erg kritiseer (Volksblad, 2 Jun. 2016, E).

Deel op Sosiale Media