• 02/12/2022

pilaarheilige

s.nw., pilaarheiliges.

    1 (histories) Enigeen van verskeie mense wat ’n gedeelte van hul lewens in boetedoening of ter wille van geestelike verdieping bo-op ’n pilaar deurgebring het; sin. stiliet (minder gebruiklik): Hy (Simeon) is n pilaar-heilige … wat, ten einde bewonder en hoog-geag te word, … vir ses-en-dertig jaar op sy pilaar … gewoon het (R. Pretorius in Standpunte, Des. 1979, 20). Simeon … het talle volgelinge gekry — die sogenaamde pilaarheiliges — en pelgrims het in hul menigtes na sy … predikasies gaan luister (Die Burger, 10 Nov. 1960, 2).
    2 Iem. met ’n oordrewe, selfs verwronge strewe na heiligheid.
Vgl. SKYNHEILIGE.

Deel op Sosiale Media