pimpel
ww., het gepimpel; byv. en byw. pimpelende, pimpelend. (geselstaal)
Sterk drank drink, dikwels in oormaat: Hulle sit al heel aand en pimpel. Die studente het die naweek behoorlik gepimpel.
pimpel en pers
idiomatiese uitdrukking
Vol kneusplekke wat sigbaar verkleur het.
pimpeltjie
s.nw. (geselstaal; verouderd)
Klein kelkie of klein hoeveelheid alkoholiese drank, gewoonlik genoeg om so ’n kelkie te vul: As die gerwe aangery word, drink jy om elfuur so ’n pimpeltjie sjerrie (D.J. Opperman: Gees, 1968, 9).