• 24/05/2024

pimpeltjie

s.nw. (geselstaal; verouderd)

Klein kelkie of klein hoeveelheid alkoholiese drank, gew. genoeg om so ’n kelkie te vul: Daar (was) miskien genoeg brandewyn om die manskappe weekliks ’n pimpeltjie (klein kelkie) daarvan te gee (C.L. Leipoldt: Van Riebeeck, 1938, 65). As … die gerwe aangery word, drink jy om elfuur so ’n pimpeltjie sjerrie (D.J. Opperman: Gees, 1968, 9).

Deel op Sosiale Media