• 08/09/2023

pollevink

ww., het gepollevink. (geselstaal) Ook soms pollievink, selde pollefink en, verouderd, polevink.

Vry, opsit of kuier; sin. polla (geselstaal; verouderend): Pollevink, Pa, handjies vashou en so en so. Dis die so en so wat my onrustig maak (Mikro: Span, 1965, 65). Ons kry berge werk — die een wat dink hy kom universiteit toe om te kom pollevink, maak die fout van sy lewe (M. Maartens in Huisg., 4 Des. 1980, 80). (Ook opgeteken i.d. Boland, Karoo, N.Kaap en S.Kaap).

Deel op Sosiale Media