• 24/02/2023

prang

ww., het geprang; byv. prangende, prangend, geprangde, geprang. (verhewe)

1 Druk (DRUK I 2) of knel (KNEL I 1 a): My skoene prang my. Sy het haar hande krampagtig teen haar bors geprang.
Ook fig.: Volgens sy eie verklaring het hy die gruwelikheid lankal geweet, maar hy het die ding blykbaar aan sy boesem geprang om dit daar uit te haal net as hy nie sy eie sin kan kry nie (Vad., 3 Jul. 1934 — hoofart.).
Vgl. KLEM I 1 b.
2 Kwel (KWEL 1 b i) of pla (PLA 2): ’n Prangende dors, honger. ’n Geprangde gemoedstemming.Ek word geprang deur die begeerte om by u aan te sluit (K. Myburgh: Skip, 1972, 8). Rykdom skep vrye tyd, en vrye tyd skyn ’n lewensvoorwaarde vir skeppingswerk van die hoogste orde te wees — soos elders ook prangende nood sweetdruppels ontpers in die gestalte van die suiwerste pêrels (J. Kruger: Beelde, 1953, 80).
Vgl. KNEL I 2.

Deel op Sosiale Media