• 10/02/2023

prat gaan op

idiomatiese uitdr. (verouderd)

Roem op, jou beroem op of trots wees op: Hy besit kultuurskatte waarop menige museum prat sou gaan.In dié deel van Suid-Afrika … (het) die Engelssprekendes prat daarop gegaan … dat hulle selfs meer Brits as … die Londenaars was (G.D. Scholtz: Pol. Denke V, 1979, 461). Nghomo gaan daar prat op dat hy ’n towenaar is en hy is gedurig besig om mense aan afpersing te onderwerp (H.L. Gonin, vert.: Laeveld, 1949, 259). Daar (is) winkels èn winkels — dié wat prat is op hoflikheid en diens en dié wat dit nie is nie (E. v. Heerden: Etikette, 1961, 46).

Deel op Sosiale Media