
provokateur
s.nw., provokateurs of provokateure. (<Fr. provocateur)
Uittartende persoon wat gewoonlik daarop uit is om moeilikheid aan te stig, reaksie te ontlok of mense op te sweep; sin. provo: Mnr. Jones het die meer sinistere bynaam “Oliver die Spioen” gekry, en hy was dan ook ’n provokateur in diens van die regering (J. Collier: Ou Kaapstad, 1961, 93). Hy was ’n skril provokateur wie se grappe skandaliger geword het namate dit gehandel het oor ’n groter heiligdom (Die Burger, 17 Des. 2004, 17).