• 11/08/2023

puffel

(geselstaal)

I b.nw. Min werd of swak: ’n Puffel paar skoene, partytjie. Dit was maar ’n puffel verskoning.
II s.nw. (ongewoon) Iets wat van ’n onoortuigende gehalte is of wat min werd of swak is: Hy het sommer ’n klomp puffel geskryf.Gebrek aan integriteit is nie net tot die Afrikaanse mark beperk nie. Boyzone, Backstreet Boys … en ander is voorbeelde van internasionale puffel en hulle verkoop goed (Beeld, 25 Sept. 1999, 12).

Deel op Sosiale Media