• 10/12/2021

Pyrrhusoorwinning

(ook met ’n kl. pyrrhusoorwinning) s.nw., Pyrrhusoorwinnings. Ook soms Pyrrhiese oorwinning. (na die oorwinning deur koning Pyrrhus van Epirus behaal teen die Romeine by Asculum)

Oorwinning wat die betrokkenes sodanig verswak of uitput dat die posisie van die oorwinnaar en die oorwonnene vir alle praktiese doeleindes dieselfde is; sin. Pyrrhussege (minder gebruiklik): Die kompromis kom neer op ’n Amerikaanse oorwinning … Maar dis heel moontlik ’n Pyrrhus-oorwinning. Dit tas Amerika se morele leierskap aan (Volksblad, 16 Jul. 2002, 6)

Deel op Sosiale Media