• 11/10/2021

Resultate van die Nuutskeppingskompetisie 2021

Dagwenners

Maandag:

A  bohaaikraai: iemand wat daarvan hou om ’n bohaai oor enigiets op te skop – dikwels iets wat nie belangrik is nie (dagwenner)
B  tugliefde: vir die Engelse “tough love”
C  waaierbraaier: vir die Engelse “airfryer”

Dinsdag:

A  grendelbrouery: tuisbrouery tydens die grendeltyd

B  slimbeursie: digitale beursie (“e-wallet”)

C  sloerpot: prutpot (“slow cooker”)  (dagwenner)

Woensdag:

A  amperkamper: kampeerder wat luuksheid saam met die kampery wil ervaar (“glamper”)  (dagwenner)

B  afskopdoppies: voorafdrankies by ’n funksie

C  knaktrok: vragmotor wat in die middel knak as dit draai

Donderdag:

A  broubouer: iemand wat swak bouwerk lewer

B  turksvybal: vir die Engelse “curve ball”

C  wrokperdjie: iets of iemand waaroor ’n persoon gedurig kla  (dagwenner)

 

Die algehele wenner was bohaaikraai, ingestuur deur Kallie Pauw van Kaapstad.

Deel op Sosiale Media