rinkhals & halsmisdaad
rinkhals s.nw.
Groot, giftige spoegslang.
Samestelling van ring en hals, so genoem omdat die slang een of twee wit ringe onder die nek het wat sigbaar word as hy hom oprig en bak maak. Vir die klankwisseling –ng/-nk vgl. o.a. jong/jonk, lang/lank.
halsmisdaad s.nw.
Misdaad wat met die dood strafbaar is.
Uit Ndl. halsmisdaad (1862), ’n samestelling van hals “nek” en misdaad.