• 12/12/2022

roesbolling

s.nw., roesbollings. (streektaal)

  1 Deurmekaar, wanordelike versameling of toestand: Ek (het) … met groot mismoed … die tuin gadegeslaan: ’n paar skeefgesakte terrasse, …akkers vol kikoejoegras, ’n paar verwaarloosde hortensies … ’n Regte roesbolling, het my ma gesê (A. Bouwer in Sarie, 22 Nov. 1972, 52).
  2 Eenvoudige persoon.
  3 Uitbundige, wilde partytjie: Gamkaskloof se mense het … die opening van die … pad na die buitewêreld met ’n “roesbolling” gevier en van die rosyntjiebier taamlik “gekaromgooi” (Die Burger, 10 Aug. 1962, 1).

Deel op Sosiale Media