• 29/01/2021

rossig

b.nw., rossige; rossiger, rossigste. (enigsins digterlik)

1 Met ’n rooierige, bruinerige of enigsins pienkerige skynsel: Rossige erdewerk. Rossige hare. ’n Rossige baard. Die rossige lig van die son. ’n Rossige wingerdblaar. ≈ Orals die aantreklike rossige Sweedse meubels (M. Malherbe: Toe en Tans, 1960, 81).
2 (t.o.v. iem. se gelaat) Wat ’n pienkerige, rosige of blosende tint het: Eindelik het jou wang weer rossig geword (S. Cussons: Kombuis, 1978, 78). Die rossige man drink reeds sy tweede glas wyn uit (K. Schoeman: Lig, 1969, 88).

Deel op Sosiale Media