• 04/11/2022

rugkloppery

s.nw.

Handeling van iemand op die rug te klop, gewoonlik as teken van goedkeuring, gelukwensing of gerusstelling, dikwels op ’n enigsins geveinsde manier: Dit (winste) sal nie behaal word deur mooi stories, rugkloppery of uitgerekte “sake-etes” met allerhande vrolikheid nie (Tegniek, Jan. 1971, 2). Sy (die Britse koningin) is hier (in S.A.) vir die onderlinge rugkloppery en selfbewondering wat bekend staan as die Statebondskonferensie (Rapport, 7 Nov. 1999, 23).

Deel op Sosiale Media