• 11/04/2024

sedoos

(se-doos) s.nw. (geselstaal)

Sien SUIDOOS — Sterk, langdurige suidoostewind wat in Kaapstad en omgewing, gew. i.d. lente en voorsomermaande waai, en wat daarvoor bekend is dat dit die Kaapse lugbesoedeling wegwaai: Of daar buite die eertydse aanhoudende winterreën geval en of die verskriklike sedoos die stofwolke deur die straat gedryf het: dit het die sieke óf nie gemerk nie, óf dit kon haar nie skeel nie (C.G.S. de Villiers: Fluit, 1968, 128). Swart is steeds die naam wat die wynboer gee aan die Sedoos in sy bose gedaante (B. Biermann: Rooiwyn, 1971, 19). Nóg die reën nóg die sedoos nóg die hitte nóg die koue kon haar (die redaktrise) minder van die Kaap en die Weskus laat hou (Beeld, 27 Des. 2007, By, 11)

Deel op Sosiale Media