• 21/10/2022

sibbe

(sib-be) s.nw., sibbes. Ook soms sib. (<Ou Eng. sibb)

    1 Broer of suster: As ’n vrou mishandel word, ly sy nooit alleen nie. As sy ’n ma is, ly haar kinders saam met haar. As sy iemand se suster is, ly haar sibbe (Beeld, 29 Nov. 2006, E).
■ Ook t.o.v. diere: Die (leeu)welpie se ma en drie sibbes is by hul geboorte dood daarom het dieretuinpersoneel die welpie aan ’n surrogaat-ma toevertrou (Burg., 19 Mrt. 2010, E — byskr.).
    2 Geheel van verwante wat ’n bepaalde familie of geslag uitmaak.

Deel op Sosiale Media