• 27/02/2020

sibbie

(geselstaal) Ook, geselstaal, sabbie, sebié en siebie. (<Xhosa isibya)

I s.nw. Ligte motreën. (Veral opgeteken in Namakwaland, en ook in Kakamas, Kenhardt en Umtata).

II ww., het gesibbie. Liggies motreën: Dit reën nie juis nie; dit sibbie net (Garies). Maar hoor, dit sibbie lekker vanoggend (Vredendal). In Desember sibbie (motreën) dit darem so dan en wan, maar Jannewarie en Fewerwarie ruik die aarde na horing (Die Burger, 9 Sept. 1974, 10).

Deel op Sosiale Media