sito-sito
(si-to-si-to) bw. (‹Lat. cito, “vinnig”)
1 Gou-gou, of sonder omhaal: Iets sito-sito afhandel, opruim. ≈ En nou, so waar, ná twee weke, herken hy ons sommer so sito-sito tussen al die mense op straat! (A.P. Brink: Sempre, 1963, 114).
2 Op ’n skelm en vinnige manier: ’n Kêrel het mos, na bewering, nou die dag sito-sito deur die groot hekke van die paleis gestap en ’n doos geheime briewe buitgemaak (Vaderland, 26 Okt. 1950, 3).