• 09/04/2021

sjokolis

(sjo-ko-lis) s.nw., sjokoliste. Ook soms sjokoholis

Iemand wat aan sjokolade  verslaaf is, of buitengewoon baie daarvan hou: Daar is mense wat regtig aan sjokolade verslaaf is. So ’n persoon sal ons ’n sjokolis noem (Die Burger, 11 Des. 2010, By, 17). Soos elke sjokolis weet, is daar nie so iets soos ’n laaste een voordat net een in die dosie oor is nie (Sarie, 22 Okt. 1986, 149). ’n Franse bakker het met ’n nuwe versnapering, camembert-gegeurde sjokolade, vorendag gekom wat sjokoliste en kaasliefhebbers se aptyte (hoop hy) in hoogste versnelling sal sit (Beeld, 28 Nov. 1998, 3).

Deel op Sosiale Media