• 08/04/2022

skrander

(skran-der) b.nw.

Wat oor ’n bogemiddelde intelligensie beskik asook oor die vermoë beskik om bogemiddeld te presteer, of wat van hierdie eienskappe getuig: ’n Skrander leerder, meisie, onderwyser, student, vrou, wetenskaplike.Die middelmatige kind kry dalk ses of sewe reg en die skrander kind kan kyk of hy volpunte kan behaal (H.A. Prozesky: Opvoedk.2, s.j., 63). Talle opvoedkundige faktore (moet) in ag geneem … word (tydens klasindelings) … Dié faktore sluit in ’n ideale vermenging van seuns en meisies, asook ’n balans tussen skrander, gemiddelde en stadige leerlinge (Rapport, 15 Febr. 2015, E). Hy het die klavier gespeel en was die skranderste seun in hul klas in die Petit College d’Avon (Burg., 19 Mrt. 1988, 6).

Deel op Sosiale Media