• 29/02/2024

skrikkelbaba

(skrik-kel-ba-ba) s.nw., skrikkelbabas.

Baba wat op ’n skrikkeldag gebore is; sin. skrikkeldagbaba (minder gebruiklik), skrikkeljaarbaba (minder gebruiklik): Sy was die eerste skrikkelbaba wat in … Klerksdorp gebore is … Sy vier gewoonlik op 1 Maart haar verjaardag (Beeld, 29 Febr. 2012, E). Omdat hulle (die vyfling) skrikkelbabas was wat hul opwagting op 29 Februarie 1980 in die Kempton Park-Hospitaal gemaak het, het hul ouers besluit om hul verjaardag op 28 Februarie te vier (Die Burger, 28 Febr. 2001, 15).

Deel op Sosiale Media