• 06/01/2023

skurwejan

(skur-we-jan) s.nw., skurwejanne. (ongewoon) Ook skurwejantjie.

Ongemanierde, slordige persoon wat dikw. as agterlik en rof beskou word: ’n Woonstelmaat uit ’n huis … (met) ’n streng ma, is goud werd … Sorg dan ook net dat jy jou kant bring — daar is niks so erg soos die frons op daardie ma se voorkop wanneer sy sien watter skurwejan saam met háár goed opgevoede kind bly nie (Die Burger, 25 Mrt. 2003, bylae, 2). Vir die meeste Suid-Afrikaners is seerowers waarskynlik nog mense soos … in die flieks Pirates of the Caribbean. Skurwejanne met ’n snaakse hoed wat “aarrr” sê en met ’n swaard rondstorm (Die Burger, 25 Jul. 2008, 10).

Deel op Sosiale Media