• 13/08/2021

slaptjip

(slap-tjip) s.nw., slaptjips; slaptjippie (gew. i.d. mv.).

Lang, dunnerige en min of meer reghoekige stukkie aartappel wat in olie gediepbraai of gebak word en wat uitgehaal word voordat dit hard of bros is, en wat dikwels as ’n warm bykos bedien word, veral saam met vis; sinoniem slapskyfietjip en dikw. sinoniem met skyfieOns het ‘n lekker ongesonde bord vis en slaptjips vir middagete geniet. (As jy so ver fietsgery het, voel jy nie skuldig oor een enkele slaptjip nie!) (Rapport, 25 Mrt. 2010, bylae, 24). Die bordjie tjips daag op … Dit ruik soos egte slaptjips moet – die skerpheid van asyn saam met braai-olie en sout (K. Brynard: Plaasmoord, 2009, 421).

Deel op Sosiale Media