• 19/03/2021

slukhals

(sluk-hals) s.nw., slukhalse. (ongewoon)

1 VRAAT: Ruan is ’n regte slukhals, want hy kan maklik drie borde kos op een slag eet.
2 Iemand wat daarop ingestel is om hom- of haarself ten koste van andere te verryk, of wat misbruik van andere se gasvryheid maak en traag is om te gee of te deel: Die dokters is ’n klomp slukhalse. Joos sê hy kan enigeen na die … (goedkoop tradisionele geneser) toe rekommendeer (D. Beukes: Meetsnoere,D. Beukes: Meetsnoere, 1967, 34).  En nie eers vir my ’n inkelte skaap vir afskeid gegee nie. Klomp slukhalse, dis wat hulle is (Huisgenoot, 13 Nov. 1986, 103).

Deel op Sosiale Media